Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Wie is ek" deur MATTHEWS PHOSA
"Wie is ek" deur MATTHEWS PHOSA [boodskap #15945] Sa, 27 Junie 1998 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
WIE IS EK?
Matthews Phosa

Wie is ek in my geboorteland?
Ek is 'n kneg van die immigrant;
hy wat my verniel en verwoes,
op my spoeg met wette
wat my soos kanker laat verval.

Wie is ek in my geboorteland?
My oupagrootjie was 'n kaffer,
my oupa 'n naturel,
ek is vandag 'n bantoe,
my seun wat de hel?

Wie is ek in my geboorteland?
Ek is die mees onderdrukte,
die mees gekulde,
die mees ontroue -
Die mees gevreesde "vyand."

(1970- 1995)
Vorige onderwerp: Uit "Die Bar of de Aar" deur ANDRE LE TOIT
Volgende onderwerp: "Winter op Stellenbosch" deur FERDI GREYLING
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 01:06:34 MGT 2024